My brein bestaan blykbaar uit ‘n klomp kamers. Elke kamer verteenwoordig ‘n belangstelling of aktiwiteit. Skynbaar het ek net die vermoë om een kamer op ‘n keer te beset. Wanneer ek in daardie kamer is, kuier ek so lekker dat ek die deur toetrek en vergeet van die ander vertrekke.
Help! Ek verswelg in my goeie voornemens. Sedert ek weer begin blog het, het ek nog nie ‘n dooie woord verder aan my manuskrip geskryf nie. ‘n Mens kry mos ‘n kennisgewing dat iemand ‘n nuwe inskrywing gemaak het en goeie volgeling wat ek is, gaan lees ek dit dadelik. Daar is soveel interessante mense wat hier blog wat opbouend/vermaaklik/leersaam/ hoe ook al skryf. Dit voel asof ek saam met ou vriende kuier. Die foto’s is pragtig en die beskrywings van verre lande maak my lus om my tas te pak.
Dit doen ons ook gereeld. Binnekort gaan ons Namibië toe.
Ek groet vir eers. Dankie vir die saamkuier. Moenie dit persoonlik opneem dat ek jou as volgeling van my blog verwyder het, of omdat ek nie meer kommentaar by jou blog lewer nie.
Comments on: "Kompartemente" (17)
Hoop die groot skryf-kompartement se sleutel is al aan’t deuroopmaak!!
Sterkte met die manuskrip. Ek hoop julle geniet Namibië gate uit.
Dankie Xena!
Baie dankie Xena. Ek is vas van plan om dit erg te geniet!
Dat werk nou so kan inmeng met ‘n mens se blogging. *tsk*
Sterkte met Namibië en geniet die manuskrip…of nee, dalk is dit andersom? Wag ek weet! Geniet die manuskrip én Namibië. Ditsem!
Haai Plasie, ek dog Wosonki is daarmee heen – en hier is jy toe nog! Dankie vir die sterkte – ek is nou so opgewonde oor Namibië dat jy met my kan kerriekos kook. Sal sommer alles geniet, net soos die lewe.
Gaan jou goed.
Wosonki is blogehemel toe ja, maar die pleger daarvan is nie saam nie
Namibië is op ons agenda vir vroeg volgende jaar, ekself is nogal erg opgewonde.
Hoe hartseer maak jy my nou, want nou ‘verloor’ ek jou vir ‘n tweede keer, maar ek verstaan… ek het nie eers ‘n manuskrip nie en die e-posse oorweldig my.
Sterkte … ek sien met opwinding uit na die nuwe boek.
Gaan jou goed.
Darem nie verloor nie, rondomtalie. Ek sal seker maar nog hier rondhang en skelm blogs lees wanneer ek nie kyk nie.
Dankie vir die sterkte. Geniet jou fotografie. (Belydenis: dis ook my ander groot liefde wat tyd vreet.)
Ek het nou die dag iets baie toepaslik gelees – “I am not scared of death. It is the time I am scared of, of not having enough.” Ek het nooit meer genoeg tyd vir alles wat ek wil doen nie. Dis jammer dat mens MOET slaap
En tog kry jy dit reg om gereeld te blog, Son. Ek geniet jou skryfsels altyd baie. Miskien is die oplossing om ‘n vervelige werk te hê waar jy heeldag op die rekenaar kan poer-poer en daarvoor betaal word.
Aan die ander kant kan ek my niks erger voorstel as ‘n vervelige werk nie.
Annemari I am going to reply in english if you don’t mind – purely for practical reasons so that you will understand me! I am so excited about your blog and I know that it is going to help improve my afrikaans too! Double bonus. I identify completely with your feelings about blogging. I am always complaining that I don’t have enough time to blog but often that is because I can’t get past all the posts from others waiting to be read. At the same time they are often so inspiring and help me to blog better – so I am not complaining! Travel well. I am sure that you will gather so much along the way to blog about when you return.
Ek gee glad nie om nie, my brightlife. Skryf gerus in Engels. Miskien is ek weer binnekort terug om lang stories in Afrikaans te skryf. Dit gaan jou goed!
Net toe ek jou vind, toe verloor ek jou weer
Vanoggend gaan sit en besluit vandag soek ek die mense se blogs op die internet en maak dan ‘n lys daarvan (bo teen die bar.) Geniet Namibië… en speel lekker met jou karakters totdat hulle mooi netjies in plek val.
Lekker toer! Jy is seker al weer amper terug.
Ek sien vannaand eers die blog, was oorsee en besig met kind se troue toe jy dit geskryf het. Ek hoop jou manusskrip is al klaar! Ek vestaan wat jy se. Om te blog is heerlik, maar bgeweldig tydrowend! Maar aangesien ek nou nie ‘n manuskrip het nie, geniet ke die skrywes. Wat is die naam van jou volgende boek?